Die aand voor verkiesingsdag
is daar 'n gewoel in die Kotze-huis.
Sewe lede van die SAPCO (South
African Progressive Civic Organisation) vergader op die agterstoep van partyleier
Daniel Kotze se huis in Noorder-Paarl.
Hierdie SAPCO-lede sit almal op
verkiesingsdag uit vrywilligheid by bemarkingstalletjies by uitgekose
Boland-stempunte
Kotze vertel dat sy party nie,
soos groter partye, lede of burgers kan betaal om stalletjies op te rig by elke
stempunt nie.
"Die kleiner partye wat
aan die verkiesing deel neem vind hulleself in die ongelukkig posisie dat hulle
nie baie finansiele steun het nie, anders as die bestaande partye wat
grootskaals befondsing uit die nasionale skatkis kry," verduidelik
wetskenner Werner Krüll.
"Nuwe partye sukkel om
toe te tree tot die politieke veld omdat hulle eenvoudig nie kan meeding in
terme van publisisteit nie."
Die nasionale skatkis se politiekepartye-fonds
word verdeel volgens die hoeveelheid nasionale en provinsiale parlementslede
wat partye het. Partye wat nie lede in die parlement het nie kry nie
staatssteun nie.
Volgens die Fonds se
finansiële verslag
van die vooraanstaande jaareinde is R108
236 911 van belastingbetalers se geld verdeel onder
veertien partye.
Die grootste begustigdes in
hierdie finansiële jaar is die ANC, wat 62% van die fonds gekry het, die DA met
16%, en COPE wat 9% gekry het.
Elke party moet R200 500 vir registrasiefooie opdok om aan die nasionale verkiesing deel te neem en R45 500 vir die provinsiale verkiesing.
"Die registrasiefooie is
vir ons heeltemal buitensporig hoog en onnodig. Dit skyn eerder asof die groot
politieke partye 'n demper wil plaas op die demokratiese proses deur te sê 'kom
ons hou sekere mense uit deur die kostes so hoog te maak'," sê Kotze.
"Bedrae wat betaal word
aan huidige politieke partye betaal moet drasties ingekort word sodat daar 'n
gelyke speelveld is," sê Krüll.
Hy glo dat die stem van
kleiner partye "noodsaaklik is vir demokrasie." Krüll vertel dat kleiner
partye die geleentheid moet kry om die publiek se toegeneendheid tot
alternatiewe idees te toets, wanneer dominerende partye nie die mas opkom nie.
UCOSA (Universal Civics of
South Africa), 'n party wat fokus op verarmde Suid-Afrikaners het ontrek uit
die verkiesing aangesien die party nie die sombedrag registrasiefooie kon bybring
nie.
"Aan die einde van die
dag sit jy met tien of twintig duisend mense, maar dis nie te sê hulle sit met
'n klomp geld nie. Dan as gevolg van die finansies moet jy ongelukkig terugsit
omdat jy nie deel kan wees van die verkiesing nie.
"Ek dink dit is 'n
hartseer storie, want waar is ons demokratiese land dan?," vra UCOSA-leier,
Gilbert Adonis.
No comments:
Post a Comment