Thursday 17 April 2014

Ondanks R6.5miljard gaan Kleiner Sakeondernemings Sukkel

Al is R6.5miljard oor die loop van drie-jaar begroot vir hulpverlening aan klein en medium besighede, gaan ou probleme klein sakeonderneming-groei belemmer, meen ekonomie-lektor na aanleiding van die 2014/2015 begrotingtoespraak.

Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het op 27 Februarie in sy nasionale begrotingstoespraak in die parlement, klem gelê op staats-inisiatiewe wat die privaatsektor sal bystaan om werksgeleenthede vir Suid Afrikaners te skep.

Hierdie inistiatiewe sluit die versagting van intellektuele eiendomswette en buitelandse kapitaalwette, verligte omsetbelasting, die kwyktskelding van belasting op beide private en staatsdonasies vir klein tot medium sakeondernemings.

"Ek sal nie sê dis 'n dramatiese nuwe skuif in regering nie. Ek dink nie ons kan verwag dat daar ewe skielik 'n groot tal besighede nou opslaan nie. Daar is 'n klomp ander probleme wat dit verhinder," meen Stellenbosch Universiteit ekonomie-lektor, Dieter von Fintel.

Von Fintel glo dat moeilike besigheidregistrasie, die uitsluiting van kleiner besighede se sê in minimumloon-onderhandelings en groot manusipalitieit se teensin in informele sektorondernemings soos smousery, familie besighede en klein vervaardigingsbesighede kleiner besighede verhinder om op te been te kom.

Gordhan het in sy toespraak gesê dat dit die privaatsektor se verantwoordelikheid is om werksgeleenthede aan Suid Afrikaners verskaf, maar dat die regering steun aan kleiner besighede gaan verleen om die werkloosheidsyfer van 24% aan te spreek.

"Dis 'n kernbelangrike kwessie omdat Suid Afrika veral 'n tekort aan klein besighede en werksskepping daarin het. Dis werklik die een ding wat kort in ons ekonomie" sê Von Fintel.

Gordhan glo dat 'n jaarlikse ekonomiese groei van ten minste 5%, teenoor die verwagte 2.7% vir 2014, nodig is om armoede en werkloosheid vinnig kamp te slaan.

Von Fintel waarsku dat die nuutingestelde "CAP" op Suid Afrika se skuld korttermyn effekte kan hê op klein besighede. Die teltalle betogings oor dienste-lewering kan verergerde onstabiliteit in die land veroorsaak, indien daar nie meer gedoen word met die beskikbare geld nie, en dit kan noodsaaklike dienstellewering belemmer.

Hy meen dat Suid Afrika se skuld goed-beheer danksê Gordhan se "konserwatiewe" skuldbegroting, maar dat dit die nasionale besteding inkrimp. "Dis hoekom Gordhan nie dramatiese uitbreidings of groot nuwe projekte genoem het nie," sê Von Fintel.

"Die volgende fase van groei gaan oor die dinamika en energie van die privaatsektor en die samewerkinginisiatiewe met die regering... Sentraal aan die Nasionale Ontwikkelings Plan is ons toewyding aan vennootskap - aan sosiale verbond om armoede en ongelykhede te verlaag en werk en beleggings te verhoog," sê Gordhan.

No comments:

Post a Comment